Skakel

In Qumran, Israel is al die boeke van die ou testament in ‘n grot deur ‘n skaapwagtertjie in kleipotte ontdek, behalwe die boek Ester. Waarom dit so is, sal niemand seker ooit weet nie.
Haar verhaal toon weereens, God se wee is egter nie die mens se wee nie. Morgedai was ‘n baie gelowige jood. By hom was ‘n aangenome dogter, van sy broer, wat saam met sy vrou gesterf het. Die dogter was Ester.
Die vorming van haar geloof was merkwaardig. Die geweldige stryd gedurende haar kinderdae het haar gestaal. Angs,nood, hongersnood, oorlog, neerlae, onder ander se dakke, meer as eenkeer self bedreig, was God se vormingsmeule waardeur hierdie vrou moes gaan, om die uiteindelike produk te lewer wat God nodig gehad het. Onder verdrukking leer n mens bid. So is talle groot Godsmanne- en -vroue deur die druk van omstandighede gevorm en Ester was geen uitsondering nie.
Sy was bevoorreg om in die huis van haar oom,Morgedai te kon opgroei en sy invloed op haar het later ‘n groot rol in die saak van God in die redding van ‘n volk laat speel. Morgedai het Ester byna forseer om haar invloed as koningin te laat geld. Ester 4:14. Volgens die vers is dit duidelik dat hy n man van visioen en geloof was en het gestaan het op Gods woord wat belowe het dat Israel as ‘n volk behoue sou bly onder die nasies en later deur God in hulle eie land herstel sou word. Hy het dit ook gesien as geloofsman dat Ester se verhoging deur God beskik was, juis om in hierdie krisisuur ‘n sleutelfiguur in die redding van die volk te wees.
Sy roep die volk op om vir drie dae te vas en bid. Hier was erns in godsdiens. ‘n Hele volk moes hulle vir drie dae voor God in sak en as verootmoedig. Ester het die regte weg gesien en gevolg – stof toe. Verootmoediging, sondebelydenis en restitusie het deur die eeue gewerk en is vandag steeds God se resep om Sy arm in beweging te kry.Drie dae simboliseer die opstandingskrag.
Sy verneder haarself saam met die volk voor God.., ek ook met my dienaresse sal ek net so vas..”Ester 4:16. Sy plaas haar lewe op die spel,..en as ek omkom, dan kom ek om.” Geloof en oorgawe gaan saam. Daar is geen geloof sonder oorgawe nie, en hoe meer heelhartig die oorgawe, hoe sterker en groter en meer effektief die geloof. Lees wat Paulus se in Hand. 21:13 Geloof het ‘n prys en dis hier waar die gemiddelde christen faal. Elke kind van God kan ‘n geloofsheld in die twintigste eeu wees as ons bereid is om iets op die spel te plaas. Dit is gewigtige woorde hierdie. Ons moet stil word voor God en buig voor Hom. Die drie dae van vas en gebed in afsondering het Ester by God in die heiligdom gebring en vanuit hierdie posisie kon sy toe haar saak voor die koning gaan le. Vanuit die heiligdom na die arbeidsveld. Ester verskyn ongekunsteld wat die uiterlike betref, onvoorbereid voor die koning. Gewoonlik moes ‘n koningin ‘n skoonheidsproses deurgaan voordat sy na die koning kon ingaan, maar in hierdie geval sou dit nie uitwerk nie. Hier was sy by God, en vanuit daardie posisie het sy voor die koning gekom met ‘n gesig wat nie deur skoonheidsmiddels opgemaak is nie, maar ‘n voorkoms en gesig waaruit die heerlikheid van die Here straal. Hier kon die koning nie anders as om sy goue septer uit te steek nie.
Na drie dae van vas en gebed verdwyn die menslike skoonheid, maar die heerlikheid van die Here wat besit van so ‘n persoon neem is meer en sterker en by God en die mense. Dit was nie drie dae van gewone vas en gebed nie, dit was gepaard met hewige stryd. As gevolg hiervan was die koning oorreed en moes hy uitroep: “..wat wil jy he koningin Ester, of wat is jou versoek? Al was dit ook die helfte van my koninkryk – dit sal jou gegee word. Ester 5:3
Die slag is gelewer. Geloof in God het uitgewerk en ‘n volk is gered.
Die wereld is in ‘n krisiuur. Die afval is groot. In weerwil van God se harde roepstemme wyk die mensdom verder van Hom af. God het Morgedai’s en Ester’s nodig. Die vraag word gevra, is ons gewillig om as kandidate na vore te tree en iets op die spel te plaas? Sal die Seun van die mens as Hy kom, die geloof op die aarde vind?

Advertisements

ESTER SE GELOOF

johangreen

In Qumran, Israel is al die boeke van die ou testament in ‘n grot deur ‘n skaapwagtertjie in kleipotte ontdek, behalwe die boek Ester. Waarom dit so is, sal niemand seker ooit weet nie.
Haar verhaal toon weereens, God se wee is egter nie die mens se wee nie. Morgedai was ‘n baie gelowige jood. By hom was ‘n aangenome dogter, van sy broer, wat saam met sy vrou gesterf het. Die dogter was Ester.
Die vorming van haar geloof was merkwaardig. Die geweldige stryd gedurende haar kinderdae het haar gestaal. Angs,nood, hongersnood, oorlog, neerlae, onder ander se dakke, meer as eenkeer self bedreig, was God se vormingsmeule waardeur hierdie vrou moes gaan, om die uiteindelike produk te lewer wat God nodig gehad het. Onder verdrukking leer n mens bid. So is talle groot Godsmanne- en -vroue deur die druk van omstandighede gevorm en Ester was geen uitsondering nie.
Sy…

View original post 609 more words

ALLEEN MET GOD

Die Binnekamer. (Mat. 6:6; Jes.26:20
Op die berg. (Mark.9:2;Ps.24:3)
In die verborge. (Mat.6:4)
Alleen met God. (Mat.10:28-30)

Die binnekamer hoef nie noodwendig ‘n kamer met ‘n deur en ‘n slot te wees nie. Moet dit nie ons hartsdeur wees wat gesluit moet wees, om uitgesluit te wees van die buitewereld en ingesluit by God, om op Hom gekonsentreerd te wees, en om gedagtes van die buitewereld uit te skakel nie. Dit kan in die binnekamer in die huis wees, op ‘n plek in die oop veld, onder ‘n boom, in ‘n stil hoekie in ons agterplaas, langs die see, op ‘n berg, in ‘n kantoor en selfs agter ons motor se stuurwiel. Jesus het aan die Samaritaanse vrou gese dat God nie aanbidders hier en in Jerusalem soek nie, maar wel die wat Hom in gees en waarheid aanbid. Petrus het so ‘n ondervinding op ‘n huis se dak gehad, Paulus en Silas in die tronk, Johannes op die eiland Patmos en Jesus self, alleen op ‘n berg.
Jesus het hierdie ondervinding van alleen met God te wees verkies bo menslike verering en na groot oorwinnings gewoonlik die eensaamheid opgesoek waar Hy vir ‘n tyd lank, selfs ‘n hele nag alleen kon wees en dit was dikwels hierna dat Hy groot dade verrig het. Elia moes homself gaan wegsteek 1 Kon.17:3, die dissipels moes kom Mat. 11:28, voordat hulle kon gaan. Die wegsteek was ‘n langer tydperk as die vertoon en die kom was noodsaakliker as die gaan. Daar is min sake waar mense so bang voor is as om alleen met God te wees. Dit is die bose wat hulle bangmaak en weglei van die plek van ontmoeting met God. Hy probeer elke kind van God van hierdie wonderlike ondervinding af weg te hou en werp elke moontlike struikelblok in die weg, veral in hierdie tyd van gejaagdheid. Wanneer ons wil bid, voel ons skielik baie moeg en vaak en sukkel om te begin bid. Daarom het Paulus aanbeveel dat die tyd uitgekoop moet word. Dit kos opoffering en selfs skade ly om hierdie periodes van stilte in ons lewens te kan he. In werklikheid sal ons nooit skade ly nie, want omgang met God is meer werd as tydelike wins en ons sal deur sulke periodes af te sonder, ook op tydelike gebied meer bereik.
Dit is hier, alleen met God, waar elke struikelblok of sonde wat gelowige gebed hinder, in die lig sal kom en bely en uit die weg geruim kan word; dit is hier waar gemeenskap so heerlik is dat tyd verbyvlieg en ure soos minute word; dit is hier waar God na Sy kind kom en dit is waar ons Sy stem sal hoor. Vanuit hierdie verhouding sal kinders van God tevoorskyn kan kom met: “So se die Here!” Dit is die plek waarvan Jesus se dat Sy Vader wat in die verborgene sien, in die openbaar sal vergeld.
Gemeenskaplike gebed is noodsaaklik in Christene se lewens, maar dit kan nooit die plek inneem van alleen met God te wees nie. Toe ‘n gemeente saam gebid het, het die Heilige Gees aan hulle opdrag gegee om Paulus en Barnabas af te sonder om na die heidenlande te gaan, maar daarna moes Paulus hom telkemale afsonder om God se stem te hoor en rigting te kry die onbekende in. Dit is waar hy alleen met God was dat hy, moontlik in die gees, in die derde hemel opgeruk was en geheime van God gehoor en geleer het.Dit was alleen met God waar hy openbarings gehad het en briewe aan gemeentes kon skryf en wat na meer as tweeduisend jaar nog leiding en rigting aan miljoene oor die wereld gee. Dit was vanuit so ‘n posisie wat hy kon raadgee,bemoedig, bestraf, waarsku en leer. Aan ‘n gehoor op ‘n sinkende skip kon hy na ‘n nag van worsteling met die dood se datdie God wat hy vrees en dien, in die nag aan hom verskyn het.
Dit is waar Daniel alleen met God was, by een geleentheid vir een-en-twintig dae, waar die sluier voor hom gelig is en hy in die verre toekoms in kon sien en van die grootste profesiee aan hom openbaar is. Op die wal van ‘n rivier na ‘n studie van die boek Jeremia, het hy die pad oopgebid vir Esra, Nehemia en andere. Net so besoek God elke soekende kind van Hom wat dit waag om alleen met Hom te verkeer al is dit terwyl ons siek le, dit baie koud is, ons terneergedruk voel. God stel Homself voor as: “Ek is.” Wat Hy in die verlede was, is Hy vandag nog. As Hy in die verlede manne en vroue nodig gehad het om in die bres te tree, hoeveel te meer nie in hierdie dae van afval, modernisme en wereldgesindheid nie? Op elke skip is daar ‘n radiokajuit, vanwaar boodskappe per radio uitgestuur of ontvang word. Die operateur is een van die belankrikste persone op die boot, want hy hou die skip in verbinding met die buitewereld. Dit is hy wat roep in krisistye op see, of andere te waarsku teen gevare. Net so is die bidder vir die wereld en die koninkryk van God. Hy is dag en nag, tydig en ontydig besig om boodskappe na en van die troon van God te dra, wat hulp en redding aan miljoene bring. Is ons een van hulle?

ELIA AS GELOOFSMAN

Bybel-kommentators kom ooreen dat Elia nie ‘n Jood was nie. Die meeste Bybeluitleers meen dat hy van Arabiese afkoms is en dat God juis in ‘n tyd van afval sy volk gewaarsku en bestraf het deur ‘n nie-jood uit ‘n nasie wat Israel altyd vyandgesind was. Jakobus het gese dat Elia ‘n doodgewone man was. Baie mense meen dat ‘n geloofsman ‘n bonatuurlike wese moet wees. God is nie ‘n aannemer van ‘n persoon nie en bereid om enige persoon, wat hom of haar tot sy beskikking stel, te gebruik.

Hierdie man, wat sy nasionaliteit, opleiding, voorkoms of grootheid ookal was, was in God se hand ‘n instrument. Dit hang af, in hoe ‘n mate, ‘n kind van God hom/haarself aan God oorgee en tot Sy beskikking stel, hoe Hy u sal gebruik.

Hoe groter u Hom sien, hoe meer sal probleme en omstandighede verkrummel deur geloof in Hom. Omgang met God en Sy Woord werk geloof in sy kind se hart. ‘n Persoonlike verhouding met ons Vader en ‘n gedissiplineerde gebedslewe lei tot manne en vroue van God. Elia was meer in die verborge as in die openbaar: “weggesteek,” veertig dae te voet op reis na die eensame, en elke keer het hy met groter geloof tevoorskyn gekom en met meer gesag opgetree.

Sy verskyning in Israel met die profesie van ‘n groot droogte aan Agab, wat God verlaat heten met ‘n heidense vrou getroud was, was soos ‘n bom. Aan Elia, ‘n uitlander wat teenoor ‘n koning van Israel staan, het God Sy Woord toevertrou. Die volk van God moet hierdie profesie uit die mond van ‘n gesant van God uit ‘n heidense nasie aanhoor.

Onverskrokke, met geloof in God wat hom gestuur het, lewer hy sy boodskap onafgewaterd af: “So waar as die Here, die God van Israel, leef, voor wie se aangesig ek staan, daar sal geen dou of reen in hierdie jare wees nie, behalwe op my woord. Elia se beslistheid en onverskrokkenheid met die lewering van hierdie boodskap het die koning se voete so onder hom uitgeslaan, dat hy nie sy hand teen Elia durf uitsteek het nie. Met al sy mag en gesag van koningskap agter hom , moes hy swyg en swig. Israel het na jare te doen gekry met ‘n man van geloof. Israel het manne met geleerdheid, kultuurmense, vegters ensovoorts gehad, maar ‘n geloofsman moes God elders vind.

Stil genoeg in sy siel, hoor Elia die stem van God in sy binneste wat hom weer na eensaamheid uitdryf. Waar hy kos vandaansou kry, was vir hom geen probleem nie. Hy het God geglo. Hy het ons Vader nooit bevraagteken nie en net gehoorsaam. U sal onthou dat voordat Elia na Agab toe gegaan het was hy in afsondering, en nou, na een kort boodskap in die openbaar, stuur God hom weer in afsondering. Die vraag kan tereg aan gesante van God gevra word:”Bring ons in hierdie gejaagde lewe genoeg, alleen met God?”

Hier het Elia se geloof uitgewerk. God het een van die grootste wonders van alle tye laat gebeur deur brood en vleis met kraaie deur die lug vir hom te stuur:vars brood en vleis tweekeer per dag.

God moes egter Sy Woord waarmaak en na ‘n lang droogte, het die riviere en spruite opgedroog. Hier was Elia se geloof aan groter toetse onderwerp. Kinders van God behoort te weet dat dit met die geloofslewe, nie altyd voor die wind gaan nie. Elia het met dieselfde duiwel te doen gehad as ons en toe die stroompie al swakker begin word, het Elia seker meer as eenkeer gewonder waar nou heen. Nader aan God, stiller voor Hom, dieper in Sy wil was die weg wat hy moes volg.

“Toe kom die Woord van die Here tot hom….”Hierdie ou moeder na wie die Here hom gestuur het, was seker een van die min biddende vroue in Israel aan wie God ook uit die hemel uitkoms wou gee. By die spruit het God een man se lewe van hongerdood gered, en nou sou drie lewens gered word.

Hierdie keer het die voorsiening op ‘ gans ander wyse gekom. God het nie geskep wat nie bestaan het nie, maar wel wat bestaan het, nie laat opraak nie. “Die meel in die pot sal nie opraak en die olie in die kruik sal nie minder word nie…..” Dit is weer ‘n kort en reguit boodskap wat gegee word na lange afsondering, maar dit is ‘n woord in geloof en sonder huiwering.

Geloof is om in God te berus; geloof is om Hom kinderlik te glo; geloof is om op Sy Woord te handel; geloof is om God te sien, en NIE omstandighede nie; geloof is om nie te vrees nie; maar by alles is geloof ‘n standpunt wat ingeneem en behou moet word.

God moes nog ‘n taak deur Sy dienskneg in hierdie huis vervul. Die kind van die huis, die enigste van sy moeder, het gesterf. Elia het die kind in sy arms gedra en na sy kamer op die boonste vloer, NADAT hy gebid het, het hy hom driemaal oor die kind uitgestrek. Dit, sowel as in die geval waar Elisa ‘n kind lewend gemaak het, was nie kunsmatige asemhaling wat toegepas was nie, MAAR ‘n geloofsdaad. In beide gevalle was kunsmatige asemhaling, lank na die dood onmoontlik. Dit is hier ‘n geval van ‘n man wat God, wat uit die dode opwek, geglo het. As dit kunsmatige asemhaling was, moes dit onmiddellik na die dood ingetree het toegepas gewees het, maar hier het Elia, ‘n ruk na die dood, die kind na die bovertrek gedra, daarna gebid en hom driemaal oor die kind uitgestrek.

Roep God ons nie tot meer gebed nie? Gebed laat God werk.

Jesus visited the spirits in prison…………

I found the following scripture versus last night, most interesting.

1 Peter 18-22 Christ also suffered. He died once for the sins of all us guilty sinnerds although he Himself was innocent of any sin at any time, that He might bring us safely home to God. But though His body died, His spirit lived on, 19 and it was in the spirit that He visited the spirits in prison and preached to them-20 spirits of those who, long before in the days of Noah, had refused to listen to God, though He waited patiently for them while Noah was building the ark. Yet only eight persons were saved from drowning in that terrible flood. 21 (That, by the way, is what baptism pictures for us: In baptism we show that we have been saved from death and doom by there surrection of Christ; not because our bodies are washed clean by the water but because in being baptized we are turning to God and asking Him to cleanse our hearts from sin.) 22 And now Christ is in heaven, sitting in the place of honor next to God the Farther, with all the angels and powers of heaven bowing before Him and obeying Him.

1 Peter 4:6 That is why the Good News was preached even to those who were dead-killed by the flood-so that although their bodies were punished with death, they could still live in their spirits as God lives.

What is your understanding?